1   2
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Aansporing om die Tempel te herbou.

HAG 1:1 : IN die tweede jaar van koning Daríus, op die eerste dag van die sesde maand, het die Woord van JaHWeH deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubbábel, die seun van ShealtiEl, die goewerneur van JeHûWdah, en tot JeHôWshua, die seun van JeHôWtsadok, die hoëpriester, en gesê:

HAG 1:2 : So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die Huis van JaHWeH gebou moet word nie.

HAG 1:3 : So het die Woord van JaHWeH dan gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:

HAG 1:4 : Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie Huis in puin lê?

HAG 1:5 : So sê JaHWeH van die skeppings-leërmag dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:

HAG 1:6 : julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek. [Boekrol van die Opregte 2:19 - 21]

HAG 1:7 : So sê JaHWeH van die skeppings-leërmag: Gee ag op wat julle wedervaar het!

HAG 1:8 : Klim op die berg en bring hout aan en bou die Huis; dan sal Ek 'n welgevalle daaraan hê en My gewigtig maak, sê JaHWeH.

HAG 1:9 : Julle het uitgesien na baie, en kyk, sy het min geword; en julle het haar in die Huis gebring, maar Ek het haar weggeblaas. Waarom? spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag. Ter wille van My Huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.

HAG 1:10 : Daarom het die Hemele bo julle die Dou ingehou en die Aarde het haar opbrengs teruggehou.

HAG 1:11 : En Ek het droogte oor die Aarde geroep en oor die berge en oor die koring en oor die wyn en oor die olie en oor alles wat die Adamah[adamiet se Aarde] oplewer; en oor die adamiete en oor die diere en oor alle arbeid van die handpalms.

HAG 1:12 : Toe het Serubbábel, die seun van ShealtiEl, en JeHôWshua, die seun van JeHôWtsadok, die hoëpriester, en die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee aan die Stem van JaHWeH hulle Elohey en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee JaHWeH hulle Elohey hom gestuur het en die volk was gevul met Vrees voor die Aangesig van JaHWeH.

HAG 1:13 : Daarop het Haggai, die boodskapper van JaHWeH, kragtens die boodskap van JaHWeH, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek JaHWeH.

HAG 1:14 : En JaHWeH het die gees van Serubbábel, die seun van ShealtiEl, die goewerneur van JeHûWdah, en die gees van JeHôWshua, die seun van JeHôWtsadok, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek. En toe het hulle gekom en die werk begin aan die Huis van JaHWeH van die skeppings-leërmag, hulle Elohey.

HAG 1:15 : Dit was op die vier-en-twintigste dag van die sesde maand, in die tweede jaar van koning Daríus.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
Die Profeet Haggai (HAG)
Pablo Software Solutions Datum
OT